’n Man van Hoedspruit in Limpopo het by die dood omgedraai toe hy sy lus vir steurgarnale probeer bevredig het.
Gideon van Niekerk (73), wat op ’n plaas 33 km buite Hoedspruit bly, sê hy was regtig lus vir prawns.
Van Niekerk het nog nie eens die derde steurgarnaal, wat hy oor die kole gebraai het, heeltemal opgeëet nie, toe was sy mond en tong reeds opgeswel.