Die luukse Bloutrein het die afgelope naweek in Pretoria ontspoor.
Sibu Majozi, woordvoerder van Transnet Freight Rail (TFR), sê in ’n verklaring twee waens van die Bloutrein het Sondag omstreeks 10:44 in die Bloutrein se werf by Salvokop ontspoor.
“Die ontsporing was op die werf en nie op die hoofspoorlyn nie. Die oorsaak van die ontsporing word ondersoek. Daar was geen passasiers op die trein tydens die voorval nie en niemand is beseer nie,” sê Majozi.