Hy was enige ouer se droom, ’n seun waarop almal trots was.
Só onthou Amos Hermanus sy 23-jarige seun, Ainsley, wie se lyk Dinsdag langs die N1 naby die Gariepdam gevind is. Hy is dae vantevore as vermis aangemeld.
“Hy was ’n gehoorsame en opgewekte mens en het alle mense met respek behandel, oud of jonk,” het Amos Sondag aan Netwerk24 gesê.