’n Ma, pa en drie van hul kinders van Tafelsig in Kaapstad het vroegoggend in ’n brand omgekom.
Die houthuisie waarin hulle geslaap het op ’n erf in Buffelshoekstraat het in die vroeë oggendure aan die brand geslaan.
Die man, vrou en hul drie dogters is in die brand dood.