’n Pa van Gqeberha het byna sy eerste Vadersdag in ’n hospitaal deurgebring nadat hy deur vyf honde aangeval is.
Luke Hardwich (27) is Saterdagaand ontslaan nadat hy Vrydagaand opgeneem is vir ’n noodoperasie aan sy been waar die pitbull-honde hom gebyt het.
Hardwich is Vrydag omstreeks 17:00 in Montrose-weg, Sherwood, deur die honde aangeval terwyl hy op sy motorfiets voor die hek van sy ma se woonkompleks gewag het.