’n Man en vrou in hul 20’s wat saam op ’n fiets gery het, is Woensdag dood toe ’n voertuig hulle net buite Worcester raakgery het.
Kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder, sê die ongeluk het omstreeks 08:45 plaasgevind toe ’n bakkie hulle op hul fiets op die gedeelte van die R60 reg oorkant Zwelethemba raakgery het.
Volgens Van Wyk is albei buitelanders en is hulle op die toneel dood.