Dit is nog onbekend hoeveel mense Saterdagaand in ’n ongeluk op die N1 naby Garsfontein in Pretoria beseer is, maar een van die beseerdes is in ’n kritieke toestand in die hospitaal opgeneem.
Charles Mabaso, woordvoerder van die Tshwane-nooddienste, sê nog ’n persoon word vir matige beserings in die hospitaal behandel.
“ ’n Man het kritieke beserings opgedoen en is per helikopter na die hospitaal vervoer nadat hy deur nooddienswerkers en brandbestryders uit sy voertuig gehaal is,” sê Mabaso.