’n Man van Upington verskyn Maandag in die hof op aanklag van aanranding nadat ’n vrou verlede week aangerand is.
Sonja Wickens (45), ’n makelaar, het Vrydag die polisie ontbied nadat sy onder meer in die gesig en elders op haar lyf geslaan is.
“Die skok is die ergste. Dit is iemand van wie jy dit glad nie verwag nie,” sê sy.