’n Man het Saterdag verdrink tydens ’n begeleide binnebandry-ekspedisie op die Stormsrivier in die Tsitsikamma- Nasionale Park.
Lodewyk van Rensburg, die stasiebevelvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) in Oesterbaai, sê in ’n verklaring die NSRI in Plettenbergbaai en die polisie is Saterdagaand oor die ongeluk ingelig.
Twee riviergidse was saam met sewe gaste, vermoedelik elk op sy eie binneband, toe hulle nie betyds by hul eindpunt aangekom het nie en die owerhede se hulp ingeroep is om na hulle te soek.