’n Mosambieker wat Suid-Afrika deur die Krugerwildtuin binnegekom het, is vermis nadat hy vir wilde diere in die wildtuin gevlug het.
Die polisie in Phalaborwa in Limpopo soek nou na Elvis Baloyi (20) van Mosambiek nadat hy en sy ses vriende die land op 22 Maart binnegekom het.
Luidens ’n mediaverklaring het die ses vriende Mosambiek op die betrokke dag verlaat en via die Krugerwildtuin toegang tot Suid-Afrika verkry.