Klein Marno Muller, wat Donderdag op ’n glyplank aan sy baadjie se toutjies gewurg het, gaan ’n tydjie langer onder verdowing gehou word.
Dokters het Vrydag besluit om die vyfjarige Marno se verdowing effens te verminder sodat hy Saterdag bygebring kan word.
Sy bloeddruk het egter deur die loop van Vrydagmiddag en die aand begin daal. Daarom het hulle besluit om hom vir eers nog ten volle verdoof te hou, het sy ma, Helga (39), Saterdag laat weet.