Toe die rooikopseun deur die toutjies van sy sweetpaktop aan die bopunt van ’n glyplank gewurg is, was mense oor die land heen aangegryp en het Marno Muller (5) se ma en haar suster sáám die eerste, moeilikste dae aangepak.
Maar nou het die verhouding tussen die twee susters so versuur dat Marno se ma daarvan beskuldig word dat sy “roem en geld” bo haar familie gekies het.
Helga Muller het ná die ongeluk ure lank langs haar kind se bed gewaak terwyl haar suster, Nadia Minnie, na haar ander susterskind omgesien het en mense op hoogte gehou het van Marno se vordering.