In ’n poging om ’n einde aan studieskuld te maak, hou die Universiteit Stellenbosch (US) vandag as deel van sy #Action4Inclusion-projek ’n 16 km-staptog.
Dié projek is in 2020 deur die US se studenteraad begin onder leiding van prof. Thuli Madonsela, voormalige openbare beskermer en bekleër van die US Regstrust se leerstoel in maatskaplike geregtigheid.
Die staptog word ook in samewerking met Besoek Stellenbosch aangebied.