Die negatiewe opmerkings van spanlede van die reisprogram Voetspore ná ’n besoek aan Orania, sal nie dié beweging ontmoedig om weer lede van die media in die dorp te verwelkom nie.
Die span het die dorp besoek vir die opname van ’n program. Nadat hulle hartlik daar ontvang en deur die dorp geneem is, het van die mense aan die einde van die episode glo negatiewe opmerkings oor die dorp en sy inwoners gemaak.
Joost Strydom, woordvoerder van Orania, sê ondanks die reaksie wat die program ontlok het, sal hulle steeds die media daar verwelkom.