Meer as 1 600 motoriste landwyd is sedert die begin van die maand in hegtenis geneem, waarvan die meeste met dronkbestuur, spoedoortredings en uitstaande lasbriewe verband hou, sê die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC).
Daarby het verkeersbeamptes meer as 1 200 voertuie afgetrek wat onpadwaardig is en is meer as 600 voertuie sonder ’n permit vir openbare vervoer geskut, luidens ’n verklaring wat Maandag uitgereik is.
Altesaam 426 842 voertuie is by 330 padblokkades oor die land heen gestop en 142 152 boetes is uitgereik.