Die naamsverandering van die lughawe in Oos-Londen is deel van die proses om mense se menseregte te herstel.
Dié verandering moet ook bydra tot nasiebou en maatskaplike samehorigheid.
Die Oos-Londen-lughawe in die Oos-Kaap is na die King Phalo-lughawe hernoem, het Nathi Mthethwa, minister van kuns en kultuur, bekend gemaak waar hy in die Oos-kaap oor die bekendstelling van Menseregtemaand gepraat het.