Byna een uit elke vyf afgestorwenes (17%) wat sedert Desember in Kaapstad veras moes word, is aan Covid-19 dood, sê Zahid Badroodien, burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsdienste en gesondheid, in ’n verklaring.
Hy sê daar was verlede week ’n kleiner vraag na grafte in munisipale begraafplase, maar dit is merkbaar dat meer mense nie begrafnisse en grafte kan bekostig nie en vra dat hul familielede as armlastiges begrawe word.
“Dit is waarskynlik weens die moeilike omstandighede waarin soveel gesinne hulle bevind en dat hulle nie kan bekostig om hul geliefdes te begrawe of veras nie.”