Minstens 43 mense is Woensdagmiddag op die kruising van die N12 en Edenvaleweg in Rietfontein, Ekurhuleni, beseer in ’n ongeluk waarby ’n bus, ’n vragmotor en verskeie ligte voertuie betrokke was.
Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê in ’n verklaring vier mense is kritiek beseer en is met ’n helikopter van die toneel na ’n hospitaal geneem.
Die ander het ligte tot matige beserings opgedoen en is op die toneel behandel voordat ambulanse hulle na hospitale geneem het.