Bly weg van die lemoene wat op die Sardiniabaai-strand in Port Elizabeth uitgespoel het.
Dié waarskuwing is Woensdag deur die Nelson Mandelabaai-metro gerig nadat inwoners met die ongewone gesig van ’n strand besaai met lemoene begroet is.
Die metro sê hy is Woensdag ingelig oor skeepshouers met lemoene wat in die see geval het.