Lindiwe Sisulu, minister van toerisme, sê Suid-Afrika is ’n veilige plek omdat slegs drie toeriste sedert die aanbreek van die demokrasie in die land hier dood is.
Dit kom nadat Jörg Schnarr (67), ’n Duitse toeris, Maandag naby Witrivier in Mpumalanga voor sy vrou, Vera, en twee vriende, Reiner en Andrea Nüchter, doodgeskiet is. Die vier was op pad na ’n lodge naby die Numbi-hek van die Krugerwildtuin.
Drie mense is intussen vir ondervraging deur die polisie ingeneem.