Adv. Terry Motau SC is aangestel om ’n verskeidenheid verslae oor beweerde korrupsie by die departement van water en sanitasie te ondersoek.
Lindiwe Sisulu, minister van menslike nedersettings, water en sanitasie, het Dinsdag in ’n verklaring aangekondig dat Motau alle verslae oor bedrog, korrupsie en onreëlmatige besteding by die departement en alle waterrade sal nagaan en toesien dat die aanbevelings geïmplementeer word.
Volgens Sisulu het Motau die nodige ervaring en sal aan die hoof staan van ’n span van professionele mense.