Hulle het nie ’n interdik teen die polisie gekry nie.
So sê Naazim Moti, sakeman van Polokwane in Limpopo en pa van die ontvoerde Moti-broers, Sondag in ’n verklaring.
Sy kommentaar volg nadat daar wyd berig is oor lt.kol. Robert Netshiunda wat gesê het die polisie is verbied om die seuns, Zidan (7), Zayyad (11), Alaan (13) en Zia (15), te ondervra.