Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) ondersoek die omstrede urineringsvoorval by die Universiteit Stellenbosch (US) nadat verskeie klagte daaroor ontvang is.
Adv. André Gaum, kommissaris, sê dit lyk asof daar ’n prima facie-saak daarvoor uit te maak is dat Babalo Ndwayana (20) se regte geskend is.
Ndwayana, eerstejaarstudent en inwoner van Huis Marais, het Sondag omstreeks 04:00 wakker geskrik en gesien hoe iemand op sy lessenaar – waarop sy boeke en skootrekenaar was – urineer.