Shudufhadzo Musida, Suid-Afrika se voormalige Mej. SA, het die naweek na Puerto Rico vertrek om aan die Mej. Wêreld-kompetisie deel te neem.
Die kompetisie is met ’n jaar uitgestel weens die Covid-19-pandemie.
Die laaste draer van dié kroon is op 14 Desember 2019 gekroon toe Toni-Ann Singh van Jamaika die vierde deelnemer van haar land geword het wat die titel wen.