Die wankelrige Marelize Horn van “My f**, Marelize!”-faam het dit uiteindelik gemaak tot in Nederland waar sy as au pair werk, maar het toe binne weke met haar fiets in ’n Tesla vasgery.
Die 19-jarige Namibiër het in Februarie oornag bekendheid verwerf oor ’n video waarin sy in ’n rugbypaal vasry terwyl sy leer fiets ry. Dis veral haar ma, Heidi, se moedelose reaksie, “My f**, Marelize!”, wat die internet aan die brand gesteek het.
Horn het destyds haar fietsry-vaardighede geoefen omdat sy in Nederland wou gaan werk.