Die Noord-Kaap se premier is ongedeerd nadat sy ampsmotor, ’n Audi, Dinsdag in ’n botsing met ’n dubbelkajuitbakkie in Kimberley betrokke was.
Dr. Zamani Saul, premier, was glo op pad na die Frances Baard- munisipale gebou vir werkverpligtinge toe die ongeluk omstreeks 10:00 by die kruising van Schmidtsdrift- en Silsonweg gebeur het.
Albei motorbestuurders is ná die ongeluk waarin die Audi se linkervoorkant ernstig beskadig is, hospitaal toe geneem.