Soveel as 70 mense is Saterdagaand beseer in ’n reuse-botsing tussen verskeie voertuie op die N1 naby Garsfontein, Pretoria.
Intussen is die snelweg in albei rigtings gesluit naby die afrit, en mense word versoek om die N1 daar te vermy.
Verskillende nooddienste was Saterdagaand rondom 20:00 op die toneel waar motors, bakkies en busse in ’n botsing betrokke was.