Suid-Afrika se spoornetwerk – eens gereken as van die beste ter wêreld – staan op die rand van algehele ineenstorting.
Die daaglikse diefstal van kilometers elektriese kabels, vandale wat spore en seintoerusting wegdra en stasiegeboue wat tot die grond afgebreek word, kan ’n einde bring aan ’n netwerk waarvan die eerste trajek meer as 160 jaar gelede geopen is.
Tussen Johannesburg en Durban, die besigste vragvervoerroete in die land, loop daar agt keer minder treine as in die 1950’s, terwyl die tonnemaat vrag tussen die twee stede eksponensieel toegeneem het.