Die Matie-rektor prof. Wim de Villiers het einde verlede jaar gesorg dat ’n nabye familielid toelating tot mediese studie aan die universiteit kry – ten koste van studente wat beter punte gehad het.
Uit dokumente in Rapport se besit blyk dit dat Charlie Linnegar, susterskind van De Villiers se vrou, Catherine, een van die rektor se drie diskresionêre plasings was om medies te studeer in 2023.
Linnegar se plasing is eers teruggetrek nadat ’n skoolmaat van hom, wat beter skoolpunte as hy gehad het en ook medies wou studeer, die Universiteit Stellenbosch (US) met die feit gekonfronteer het.