Uit beskikbare videomateriaal van die toneel waar Gavin Watson, grootbaas van die eertydse Bosasa, verongeluk het, lyk dit nie na ’n “standaard-ongeluk” nie.
So sê Konrad Lotter, ’n forensiese ingenieur wat spesialiseer in die ondersoek van padongelukke.
Watson het Maandag in ’n maatskappymotor, ’n Toyota Corolla, teen ’n betonpilaar van ’n brug oor die hoofweg by die O.R. Tambo-lughawe in Kempton Park vasgery.