Ondanks “alle soorte intimidasie deur die staat” sal niks hulle keer om Maandag die strate in te vaar en op pres. Cyril Ramaphosa se bedanking aan te dring nie.
Julius Malema, EFF-leier, het Vrydagaand in ’n toespraak aan sy ondersteuners in Gauteng gesê dit is hul grondwetlike reg om te betoog, en niemand kan hul “revolusie” keer nie.
Hy het gesê hulle sal niks onwettigs doen of iemand uitlok nie, maar die betogers sal hulself verdedig.