Nog twee van die DA se burgemeesters in die Wes-Kaap het Vrydag hul teenkanting teen ’n voorgestelde naamsverandering van die Afrikaanse Taalmonument en -museum uitgespreek.
Geordin Hill-Lewis, burgemeester van Kaapstad, het die oggend in ’n video van die DA in die Wes-Kaap gesê dit is ’n “roekelose en absurde voorstel” om Afrikaans uit die monument se naam te verwyder.