Nie lank nadat die strate van Tulbagh in die Wes-Kaap verfraai met die blomme van troues wat afgestel is nie, het dieselfde in die Paarl gebeur.
Bloemiste in die Paarl-omgewing, asook dié wat die rangskikkings in Tulbagh gemaak het, het Woensdag ingespring om die ingang van ’n ouetehuis in die Paarl te versier met die blomme wat vir uitgestelde troues bedoel was.
Weens die koronavirus moes baie bruidspare hul troues uitstel, wat kwekerye en bloemiste met talle oortollige blomme gelaat het.