Die hooggeregshof in Johannesburg het Saterdag ’n interdik aan die DA toegestaan wat die EFF verbied om skole, winkels, ondernemings, sakebedrywighede en paaie te sluit.
Die DA het in sy aansoek die hof ook gevra om die EFF se betoging, wat vir Maandag beplan word, in die geheel onwettig te verklaar, maar die hof het dit van die hand gewys.
Volgens die interdik word die EFF en sy lede, personeel en amptenare verbied om die sluiting van spoorweë, skole, winkels, ondernemings en sakebedrywighede te organiseer, dit te bevorder, dit aan te hits of om oproepe te doen dat dit gedoen word.