’n Gesin van KwaZulu-Natal het ’n noue ontkoming gehad toe ’n olifantbul hul voertuig stormgeloop en dit verskeie kere omgerol het.
Die Wessels-gesin van Mtunzini was Sondag omstreeks 12:00 in die iSimangaliso-vleilandpark na die Cape Vidal-reservaat op pad toe hulle ’n reuse-olifantbul opgemerk het.
“Ons het meer as 50 m ver stilgehou. Die olifant het al hoe vinniger nadergekom. Toe ek wou wegry, was sy een tand reeds in die motordeur se handvatsel,” sê Mathias Wessels (44), wat sy eie onderneming bedryf.