Van 21 Julie af kan kykers uitsien na ’n nuwe verskeidenheid-nuusprogram op Donderdagaande wat sal fokus op ’n nuusmaker wat die opskrifte haal.
Wie’s Nuus met Netwerk24 sal om 21:00 op kykNET (DStv kanaal 144) uitgesaai word met die joernalis Mia Spies as aanbieder.
kykNET sê die program sal die storie agter die storie vertel, agtergrond skets en joernaliste van Netwerk24 (en ook van ander gesaghebbende publikasies en nuusdienste) betrek wat naby aan die groot stories beweeg.