Die departement van justisie en grondwetlike ontwikkeling sê die grootste klomp betalings vir kinderonderhoud is gedoen te midde van pogings om sy IT-stelsel ná ’n kuberaanval verlede week te herstel.
Steve Mahlangu, woordvoerder van die departement, sê betalings is Woensdag gedoen en behoort “binne die volgende paar dae” in begunstigdes se rekeninge te weerspieël.
Die aanval op 6 September het ’n impak op alle elektroniese dienste by howe in die land gehad, insluitend hul e-pos en die webwerf. Dit het daartoe gelei dat werknemers nie toegang tot die IT-stelsel kon kry nie.