’n Veldwagter is Woensdag in die noorde van die Krugerwildtuin dood terwyl hy aan diens was.
Luidens ’n verklaring van die Krugerwildtuin is Shando Mathebula (36), een van die wildtuin se hondehanteerders, dood ná ’n “konfrontasie met ’n buffel”.
Isaac Phaahla, woordvoerder van die Krugerwildtuin, sê Mathebula was aan diens in die Shangoni-gedeelte, in die noorde van die wildtuin. Aanvanklik is berig Mathebula is doodgeskiet.