Die polisie in Hennenman is op soek na ’n onderwyser wat byna twee weke vermis word.
Mohaneloa Tsoaeli is Maandag deur sy vrou, Ntshediseng, as vermis aangemeld, sê kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder in die Vrystaat.
Thakeng sê volgens Ntshediseng se verklaring het haar man hul huis op 19 Maart om 18:45 verlaat en gesê hy sal teen 20:00 terug wees om sokker te kyk. Sy het teen 22:00 gaan slaap en voor middernag wakker geskrik, maar hy was nie by die huis nie.