’n Groep Paarliete beplan om Saterdag deur die strate van die dorp te ry en te loop in ’n optog teen plaasmoorde.
Die groep, gelei deur Le Roux Wiese (21), sê plaasmoorde in Suid-Afrika is aan die toeneem en is rede tot kommer.
“Suid-Afrikaanse boere speel ’n kardinale rol in die land se ekonomie en voedselwaardeketting. Daar word te min aandag aan plaasmoorde geskenk en die verwoestende gevolge wat dit op families en gemeenskappe het. Die optog sal vreedsaam wees en moedig geensins geweld of gewelddadige gedrag aan nie,” sê Wiese.