Oscar Pistorius se pa, Henke, sê die publiek se negatiewe mening oor sy seun kan Vrydag se paroolbesluit beïnvloed.
“My mening is dat negatiewe openbare opinie wel ’n rol gaan speel in die paroolraad se besluit – ek aanvaar dit.” Hy sê in die aanloop tot die naderende paroolsitting is sy “enigste opsie om te wag, hoop, bid en berus”.
Pistorius verskyn Vrydag in die Atteridgeville-gevangenis voor die Pretoriase paroolraad wat moet besluit of hy vrygelaat kan word of nie nadat hy meer as die helfte van sy vonnis uitgedien het vir die moord op sy vriendin Reeva Steenkamp.