Die Erfenisstigting (ES) van die Voortrekkermonument in Pretoria is nou die trotse bewaarders van fotorame van meer as 120 jaar oud.
Volgens Marné Scholtz, skakelbeampte van die ES, het Marietjie Mostert (75) en haar man, Dawie (82), hierdie besondere skenking aan die ES gemaak.
“Twee pragtige fotorame wat in die krygsgevangenekamp in Ceylon (nou Sri Lanka) met ’n knipmes gekerf is, is deur mev. Mostert geskenk. Sy het die fotorame saam met die familiefoto’s wat steeds daarin pronk, van haar ma, Josina Jordaan (née Swanevelder) geërf,” sê Mostert.