Mense wat wonder wat om met hul lapmaskers te doen nadat die verpligte dra daarvan weens die koronaviruspandemie ná ongeveer 817 dae opgehef is, kan dit vir ’n goeie doel skenk.
Die niewinsgewende organisasie Heavenly Haven se GoDiva-projek gebruik nou ook dié lapmaskers om herbruikbare sanitêre doekies vir behoeftige leerlinge te maak.
Maria Horne, GoDiva se projekkoördineerder, sê die projek is reeds sowat vier jaar gelede begin.