Sean Newman, voormalige skakelbeampte van die ontslape Teazers-baas, Lolly Jackson, en voormalige bemarkingsbestuurder van die Sexpo, sal voortaan die diamantpakkieman, Louis Liebenberg, se mediabelange behartig.
“Hoe is ék nou die storie?” het hy geskerts toe Netwerk24 hom Vrydag uitvra oor sy bande met Liebenberg.
Newman, wat in Bedfordview aan die Oos-Rand woon, was by toe voorlopige likwidateurs en die baju vandeesweek op Liebenberg se maatskappy Tariomix se kantore in Kempton Park toeslaan.