Mpho Moerane, voormalige burgemeester van Johannesburg, is Woensdag omstreeks 17:54 in die hospitaal dood nadat hy op 9 Mei in ’n motorongeluk was.
Luidens ’n verklaring namens sy familie was Moerane in ’n waaksorgeenheid, maar het nie op die behandeling gereageer nie.
“Mpho was ’n bekende aktivis, vol lewe en vasbeslote en toegewyd om vir sy gemeenskap te werk,” lui die verklaring.