Oudpres. FW de Klerk is oorlede.
Dave Steward, voorsitter van die FW de Klerk-stigting, het dit Donderdag bevestig.
“Mnr. De Klerk (85) is vroeër vanoggend oorlede. Hy het sy stryd teen kanker verloor. Hy was ten tyde daarvan in sy woonhuis in Fresnaye in Kaapstad saam met sy vrou, Elita. Dit is baie hartseer.”