Die ouers van die twee Matie-studente midde-in die herrie om die omstrede urineringsvideo het uiteindelik met mekaar gepraat en hoop om ’n versoenende oplossing vir die saak te bewerkstellig.
Mkuseli Kaduka (49), pa van Babalo Ndwayana (20), ’n eerstejaarlandboustudent aan die Universiteit Stellenbosch (US), sê hy wag al ’n rukkie om met Theuns du Toit se ouers te praat.
“Ek voel die gesprek moes al lankal gebeur het en uiteindelik het dit,” sê hy.