Nuwelinge in die hoenderbedryf in die omgewing van Mahikeng wie se hulpbronne beperk is, sal baat vind by die Noordwes-regering se eerste slagpale vir hoenders.
Die boere sukkel om die tariewe te betaal wat private slagpale vra, sê Emelda Setlhako, woordvoerder van Noordwes se departement van landbou en landelike ontwikkeling.
Desbo Mohono, LUR van die departement, verwelkom dus die onlangse opening van die eerste slagpale in die besit van die departement.