Fikile Mbalula, minister van paaie en vervoer, het Donderdagoggend in Johannesburg bekend gemaak dat 162 mense tydens Paasnaweek op Suid-Afrikaanse paaie dood is. Dit is 73 sterftes minder as oor Paasnaweek in 2021.
Daar was 134 noodlottige ongelukke oor Paasnaweek, wat 55 minder is as in 2021.
Die meeste van die ongelukke het op Goeie Vrydag en die Saterdag gebeur.