Die Bezuidenhout-familie van Secunda, wat sowat ’n week gelede ’n padda in een van hul burgers gekry het, is uiteindelik deur McDonald’s gekontak en om verskoning gevra.
Willem Bezuidenhout het vertel sy dogter, die 13-jarige Kayla, het die padda in haar burger ontdek nadat sy al ’n paar happe gevat het.
Hulle het die burger toe met padda en al teruggesit in die houer waarin dit verpak was en in hul yskas gebêre.